Die dag het nou net begin.
Ons het al baie werk gedoen.
My pa maak koffie.
Hy maak die beste moerkoffie.
Ek weet nie hoekom nie,
maar sy koffie smaak.
Ons sit buite op die stoep.
Hierdie huis het my oupagrootjie gebou.
Ons drink ons koffie uit blikbekers,
met baie suiker
en melk van ons eie plaas,
vars en nou net gemelk.
Ons roer ons koffie.
Die klank klink,
teelepels teen bekerkante.
Die windpomp pyp
beweeg stadig
op en af, op en af, op en af, …
Die dammetjie het darem water.
Die droogte is dank God verby.
Die grond het bo die grond gesit.
Nou groei die gras
soos ‘n kombers op die aarde.
Ouma bring vir ons mossbolletjie beskuit
met anys.
Dit is vars, dit is soet en sag.
Dis lekker.
Kopiereg © Quirina Roode-Gutzmer 2012. Alle regte voorbehou.
